Suurlemoen Test (Memo Included)
Suurlemoen Film: Vrae en Antwoorde
Questions on Suurlemoen Film:
1. Watter karakters ontmoet ons in die vestingskote (establishing shots)?
2. Watter stokperdjie (hobby) het Tiaan in die film?
3. Waar in die film vind ons 'n voorbeeld van 'n lugskoot (aerial shot)?
4. Hoe word die karakter van mnr. Marx uitgebeeld?
5. Mnr. Marx vra wat Tiaan en Zane doen om die Eerste rugbyspan te ondersteun. Waarom vra hy hierdie vraag?
6. Wat doen Zane verkeerd met die wasgoed?
7. Waarom is Zane, Tiaan en hulle ouers in die hoof se kantoor?
8. Wat sê die ouers sal hulle doen om op te maak vir Zane en Tiaan se fout?
9. Hoe oortuig (convince) Zane vir Tiaan dat hulle wel aan die rock-kompetisie moet deelneem?
10. Watter liedjie sing Tiaan en Zane om vir die orkes oudidies te doen?
11. Hoe reageer mnr. Marx op die liedjie wat hulle speel?
12. As jy kyk na Liezl se skoolbaadjie (blazer) watter afleiding (conclusion) kan jy maak oor haar skool prestasies?
13. Waarom, dink jy, is daar soveel verskille tussen die boek en die film?
14. Waarheen was Tiaan oppad toe hy in die strate gery het op sy skaatsplank (skateboard)?
15. Het Tiaan sy gewensde antwoorde in die gyselaarsdrama gekry? Motiveer jou antwoord.
16. Watter plan maak Tiaan om steeds voort te gaan met die optrede by die kompetisie?
17. Hoe het Tiaan vir Liezl laat weet hoe hy oor haar voel?
18. Hoe het Tiaan geweet Zane het hom vergewe?
19. Was die film se fokuspunt 'n rock-kompetisie of 'n liefdesverhaal?
20. Het die film vir jou gewerk? Motiveer jou antwoord met spesifieke redes.
Memo on Suurlemoen Film:
- Zane, Tiaan en Liezl
- Skaatsplankry
- Wanneer Tiaan op sy skaatsplank uit die lug uit gefilm word.
- Hy word as 'n onderwyser met 'n groot sin vir humor uitgebeeld. Hy is baie meer betrokke in die film en hy word dikwels meer as 'n groot ondersteuner van Suurlemoen uitgebeeld. Hy gee baie raad en hy is 'n baie kalm persoon. Laastens, word Mnr. Marx se reaksies en optredes dikwels gewys.
- Mnr. Marx sê Tiaan en Zane die truie moet was. So, hy vra die vraag om vir die twee te wys dat hulle almal iets doen vir 'n eerste span wedstryd. Daarom gee hy vir hulle die taak om die rugbytruie te was as 'n straf.
- Zane het te veel skoonmaakmiddel in die wasmasjien gegooi.
- Hulle almal het na Mnr. Fourie se kantoor toe gegaan want hulle moes praat oor die skade van die rugbytruie en die feit dat dit vervang moet word.
- Hulle sê hulle sal vir die nuwe truie betaal.
- Zane sê vir Tiaan dat die prysgeld die truie sal afbetaal.
- Hulle sing "Energie" deur die Gereformeerde Blues Band.
- Hy is mal daaroor en is baie opgewonde vir die band se toekoms.
- Sy lyk asof sy baie presteer op skoolvlak en dat sy 'n baie goeie en slim meisie is. Sy lyk asof sy defnitief een van die beste meisies oor die algemeen is. Dit is duidelik dat sy veral goed met akademie en kultuur is.
- Die film is later vervaardig en daarom kort mens dinge wat die moderne tiener sal lok soos byvoorbeeld Wakaberry in plaas van Milky Lane in daardie tyd het ander goed meer die moderne tiener gelok. Daar is ook dinge wat makliker in 'n boek vertel kan word so hulle moet dit maklik maak om te vervaardig. Party reaksies is soms makliker om in 'n fliek te wys soos liefde.
- Hy was oppad na Liezl se huis toe.
- Nee, nie heeltemaal nie. Bongi het "Ja" gesê wat vir Tiaan baie bly gemaak het. Maar Zane het vir Tiaan gesê dat hy mal is. Later het Zane tog ingestem, maar Liezl het nie eers 'n briefie geskryf om vir Tiaan "Ja" of "Nee" te sê nie. Tiaan se hart was baie seer want hy was mal oor Liezl. Tiaan het op die ou end nie sy gewensde antwoorde gekry nie.
- Tiaan besluit dat hy gaan sing omdat Liezl nou uit die band uit was.
- Tiaan het vir Liezl 'n liedjie geskryf om vir haar te sê hoe mal hy oor haar is. Hy het ook geheime boodskappe met suurlemoensap op sy "Post-It" plakkers.
- Zane het na Tiaan se huis toe gegaan om vir hom te sê. Hy het ook op die blog geskryf dat hy vir Tiaan vergewe het.
- Defnitief 'n liefdesverhaal, daar word baie minder oor die rock-kompetisie gesê in die film. Dit is duidelik dat 'n liefdesverhaal beter gaan wees om oor 'n fliek te maak. Liefde is iets waaroor baie tieners wonder en sukkel. Die rock-kompetisie is net daar om dinge interressant te hou. Zane, Tiaan en Liezl se liefdesdriehoek is die heeltyd sigbaar in die film terwyl die rock-kompetisie nie die heeltyd gewys word nie en dit lyk net glad nie so belangrik nie. Dit lyk meer of hulle dit net vir die geld doen, waar liefde baie meer op 'n mens se gevoelens speel.
- Ja defnitief, flieks is baie aanlokkend en baie goed op die oog. Tieners is mal oor flieks en dit is baie meer opwindend. Persoonlik dink ek dat flieks, veral sulke flieks met baie kleure help mense om dit beter te verstaan ens. Die feit dat hulle sekere dinge verander het om vir vandag se tiener te werk het ook baie gehelp. Ek het ongelooflik baie van die fliek gehou en dit het 'n baie goeie en gelukkige einde gehad. Alles is baie goed gedoen en ek is trots om dit 'n Suid-Afrikaanse fliek te noem.
Article done by
Rein Hulme